Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Reeksmoorde ‘nie uitgesluit’ ná moord op 3 haweloses

Die polisie kan nog nie sê of ’n reeksmoordenaar verantwoordelik is vir die onlangse moord op drie hawelose mans in Pretoria nie.

Volgens kapt. Daniel Mavimbela, polisiewoordvoerder, ondersoek hulle alle moontlikhede, wat ’n reeksmoordenaar nie uitsluit nie.

“Ons ondersoek die motief vir die moorde en probeer die identiteit van die slagoffers vasstel. Die ondersoek is nie beperk tot ’n enkele teorie nie, ons oorweeg alle moontlikhede,” het Mavimbela Donderdag by navraag gesê.

Foto ter illustrasie. Magnoliadal-park in Pretoria waar twee lyke van hawelose mans gevind is. Foto: Alet Pretorius

Die lyk van die eerste man is op 25 Mei by die Mearspark-treinstasie in Sunnyside gekry. Die lyke van die tweede en derde slagoffer is op 8 en 9 Junie in die Magnoliadal-park, naby die treinstasie, gevind.

Volgens Mavimbela is al drie die mans vermoedelik met ’n stomp voorwerp oor die kop geslaan en hulle het verskeie meswonde aan die bolyf gehad.

Hy sê die polisie volg alle leidrade op wat hulle op die moordtonele kon kry en werk stelselmatig daardeur om die misdade op te los.

Op die vraag of die polisie spesifiek ’n reeksmoordenaar ondersoek, het Mavimbela gesê dat misdade soms dieselfde lyk, maar dat dit nie noodwendig deur dieselfde persoon gepleeg is nie.

“Soms kan ’n misdaad herhaaldelik op dieselfde plek en dieselfde tyd gebeur, maar dit word deur verskillende mense gepleeg.”

Niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie.

mckelneuk-moorde

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.