Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
‘Reeksverkragter’ vasgetrek wat meisies op Facebook teiken

’n Vermeende reeksverkragter wat hom op Facebook onder ’n skuilnaam as ’n modelagent voorgedoen het, is by ’n padversperring in die Oos-Kaap in hegtenis geneem.

Die 32-jarige man is Dinsdag tussen Umtata en King William’ Town vasgetrek, luidens ’n verklaring wat Donderdag deur die polisie uitgereik is – op die dag wat hy in die landdroshof in Komani (voorheen Queenstown) sou verskyn.

Hy het glo die vorige dag ’n 17-jarige meisie in Komani verkrag, nadat hy haar uitgenooi het na ’n fotosessie saam met ander jong modelle.

Sy het ’n saak aanhangig gaan maak, en verskeie polisie-eenhede het saamgewerk om die man by die padversperring vas te trek nadat sy ware identiteit vasgestel is en die polisie gesien het daar is verskeie bestaande verkragtingsklagte teen hom aanhangig gemaak.

Toe hy by die padversperring vasgetrek is, was hy in besit van ’n vervalste doktersbrief waarmee hy tydens die nasionale inperking rondgery het, luidens brig. Tembinkosi Kinana, provinsiale polisiewoordvoerder.

“Hy het verskeie Facebook-profiele en het oral in die land rondgereis.”

Kinana sê die man se jongste slagoffer het ’n advertensie op Facebook gesien oor fotosessies vir jong meisies wat wil werk en as modelle betaal word.

“Die tyd van die slagoffer se fotosessie was op 18 Mei om 14:00. Sy het alleen agtergebly, nadat die ander modelle weg is.

“Die verdagte het die slagoffer glo gedurende die fotosessie verkrag. Alhoewel die slagoffer die verdagte nie geken het nie, het sy gesê dat sy hom kon identifiseer. ”

Die verdagte het verskeie Facebook-blaaie gehad en baie dorpe in die Oos-Kaap besoek.

“Daar moet nog baie ander sake teen hom wees en nog baie slagoffers wat nog nie na vore gekom het nie.”

Hy word buiten die verkragtingsaanklagte ook vir bedrog en die oortreding van die Covid-19-maatreëls aangekla.


Meer oor:  Komani  |  Queenstown  |  Oos-Kaap  |  Facebook  |  Reeksverkragter
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.