Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Registreer plaaswagte en kry steun, sê W-Kaap

Die Wes-Kaapse regering het ’n beroep op plaaswagorganisasies gedoen om as geakkrediteerde buurtwagte te registreer.

Dié registrasie word by die departement van gemeenskapsveiligheid gedoen. Geakkrediteerde organisasies kom ook in aanmerking vir steun met hulpbronne, opleiding en befondsing, het Albert Fritz, Wes-Kaapse LUR vir gemeenskapsveiligheid, gesê.

Met registrasie kry hulle verskeie items soos flitse en waarskuwingsligte vir voertuie, noodhulpkissies, brandblussers, bergingshouers en meer.

Verder kry elke geakkrediteerde buurtwag R10 000 om te gebruik wanneer die nodige dokumente daarvoor voltooi is.

Belangstellendes kan inligting op Neighbourhood.Watch@westerncape.gov.za kry.

Ivan Meyer, Wes-Kaapse LUR vir landbou, het gesê daar is sowat 20 voorstelle ingedien ná ’n versoek vir idees hoe om landelike veiligheid op te skerp.

Meyer het gesê die beste uitweg is om landelike veiligheid op ’n gekoördineerde manier te bestuur en verskerp.

Meer oor:  Buurtwagte  |  Registrasie  |  Plaasveiligheid  |  Plaasmoorde
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.