Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
OORSIG: Naam van moskee-aanvaller bekend
Die Bolandse dorp Malmesbury is geskok ná 'n aanval by 'n moskee in Malmesbury vroeg Donderdagoggend. Twee mense is dood aangetref en verskeie ander beseer. Nóg 'n man, vermoedelik die aanvaller, is doodgeskiet op die toneel nadat die polisie daar opgedaag het. Volg Netwerk24 se regstreekse dekking hier. 

Wie sou dit wees? Was my broer een van dié wat gesteek is? Moord in die moskee? So kort voor die einde van Ramadaan? 

Lees hier hoe Johann Maarman hartroerend vertel

Die aanvaller se lyk is nou van die toneel weggevat.

Die naam van die aanvaller is Noor Allie (25), 'n onwettige immigrant van Somalië.

Die Valke gaan later vandag 'n perskonferensie hou. 

Die aanvaller se broer is glo nou by die polisie. Hy is glo 'n psigiatriese pasiënt van die Lentegeur psigiatriese hospitaal.

'n Polisiebeampte op die toneel het bevestig dat geen plofstowwe op die moskee-aanvaller gevind is nie. 'n Holster is wel op die lyk gevind. Geen vuurwapen is egter gekry nie.

Die biskop van die Anglikaanse kerk in Saldanhabaai, Raphael Hess, het ook hul ondersteuning gegee aan die Moslem-gemeenskap. Craig Abrahams verteenwoordig die kerk op die toneel.

Hy het slaapplek gesoek, toe val hy aan...

Lees hier wat ons tot dusver weet

Dit blyk dat geen bom op die toneel gevind is nie. 

Meer oor:  Malmesbury  |  Moskee-Aanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.