Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
OORSIG: Misdaad: Moord en roof styg 8 jaar in 'n ry

Die jaarlikse misdaadstatistieke vir die afgelope boekjaar is deur die minister van polisie, Bheki Cele, uitgereik.

Kyk weer na die videostroom hier:


31 Jul. 12:30:15

Dit is die einde van die nuuskonferensie.

31 Jul. 12:29:28

Stropery

Masemola sê spesiale taakspanne is in KZN, Mpumalanga en Limpopo aangestel om renosterstropery daar te ondersoek.

Sekhukhune sê oor statistieke oor stropery en ander omgewingsmisdade dat die statistieke vir alle tipe diere wat in verskillende provinsies gestroop is, in die statistieke ingesluit.

31 Jul. 12:27:56

Reserviste gaan help om misdaad te beveg

Sitole sê daar is 'n plan om meer reserviste aan te stel om misdaad te help beveg.

Alle reserviste word tans opgeroep om die polisie te help om die misdaadsituasie landwyd te help stabiliseer.

Ons het ook 'n Safer City-strategie om veral ons stedelike gebiede te beveilig. Die inbring van kringtelevisiekameras in ons stedelike gemeenskappe is deel van die strategie. 

31 Jul. 12:25:25

'Rook is nie 'n misdaad,' sê Cele

Cele praat oor die soldate wat by Andrew Mlangeni se begrafnis gerook het.

Rook is nie 'n misdaad nie. Net soos om te drink. Hang af waar jy rook of drink.

Tans is dit net by die huis waar dit gedoen kan word.

As ons jou vind met drank in jou motor, is dit nie 'n probleem solank jy dit nie drink in jou motor nie. Ons het baie mense al in hegtenis geneem vir die grootmaat smokkel van onwettige sigarette.

Die verkoop en koop van sigarette word nie toegelaat nie. Om te rook is nie verbied in SA.

Die kwessie oor die soldate wat gerook het by die begrafnis van Andrew Mlangeni word ondersoek.

Soos die ondersoek voltooi is, sal die dossier aan die vervolgingsgesag oorhandig word. Ons is egter ingelig dat tugstappe reeds teen die soldate geneem is wat daar gerook het.

31 Jul. 12:22:02

Brand van vragmotors

Volgens Cele is die kwessie van vragmotors 'n arbeidskwessie, hoewel daar baie misdaad rondom dit gepleeg word.

Daar is interministeriële komitee aangestel om dit aan te spreek. Die minister van arbeid is voorsitter daarvan. Dit omdat een van die hoofargumente in die sektor is dat werke in die bedryf aan buitelanders gegee word.

Die komitee probeer om die kwessies op te los. Baie mense is al in hegtenis geneem vir die uitbrand van vragmotors. Enigiemand wat misdaad pleeg sal gearresteer word.

31 Jul. 12:19:37

Statistieke oor plaasmoorde 'is akkuraat'

Cele sê verder oor plaasmoorde dat dit een van die maklikste statistieke is om te kan kry.

Dit omdat daar 'n lyk betrokke is.

Die polisie sal nie die aantal plaasmoorde in die statistieke gelys het as hulle nie die lyk gesien het nie. Ons werk goed saam met landbou-unies en buurtwagte in landelike gebiede.

Hulle gee die inligting vir ons. Dit is pynlik, maar die maklikste statistieke te kry. Ons sal nie sê daar is nege plaasmoorde as ons net ses lyke gekry het nie.

31 Jul. 12:18:36

Fokus op geslagsgeweld 'as tweede pandemie'

Cele sê moorde op vroue is ook nou bygevoeg as kategorie in die polisie se stryd teen geslagsgeweld.

Hy sê die hele strafregstelsel is in die stryd betrokke en dat die polisie se veldtog daarteen sal versterk. Ons het spesialiseenhede landwyd wat dit ondersoek.

Ons het 312 nuwe lede vir die eenhede gewerf en spesifiek vir dit opgelei. Ons het meer hulpbronne aan die eenheid beskikbaar gestel en meer opleiding sal verskaf word.

Dit is wat die president wil hê ons moet doen en ons is deel van die interministeriële komitee teen geslagsgeweld. Ons het ons slagoffer-vriendelike kamers in elke polisiekantoor waar mishandelde vroue kan oornag totdat ons hulle na skuiling kan neem. Dit is een gebied wat ons baie insit.

31 Jul. 12:11:46

Themba sê sedert die polisie se taakspan aangestel is om politieke moorde in KZN te ondersoek, is sowat die 249 in daardie provinsie aangekla vir moord. Verder is 35 al weens dit gestraf, terwyl 38 dossiere reg vir vervolging is.

31 Jul. 12:10:01

Sitole is weer aan die woord. Hy sê as misdade weens polisie-optrede laer word, is dit nie 'n weerspieëling van die polisie se ondersoekers nie.

Ons het koverte operasies met dwelms en het sukses in groot dwelmvondse daarmee.

In een so 'n operasie het ons dwelms wat vir SA en buurlande was, op beslag gelê. Ons het talle ander operasies waar ons ook suksesvol mee is.

31 Jul. 12:08:08

Sekhukhune sê nou dat dit hoogs onwaarskynlik is om die oorsaak van iemand se dood onmiddellik te bepaal wie se lyk in 'n veld gekry word.

As daar getuies is, is dit makliker om te bepaal.

Ek het toe ek die voorlegging aangebied het, gesê dat ons weens Covid-19 nie die fisieke dokumente kon bekom om die statistieke te verifieer nie. Ons beginsels sê egter dat ons in so geval moet voortgaan om die statistieke wat ons het, te publiseer en dit as dit moontlik is, weer te verifieer.

Daarom het ons alle statistieke ingesluit vir die jongste verslag. Ons het egter 'n voetnota gemaak dat ons nog die gehalte-assessering van sommige van die statistieke op 'n latere stadium sal doen sodra dit moontlik is. Dit is wat ons gedoen het.

Meer oor:  Polisie  |  Misdaadstatistieke  |  Misdaad  |  Bheki Cele
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.