Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
OORSIG: 'Halfmiljoen mense sedert einde van apartheid vermoor' wys statistiek

Suid-Afrika se jongste jaarlikse misdaadstatistieke is Donderdagoggend amptelik uitgereik.

Genl. Khehla Sitole, nasionale polisiekommissaris, en die res van die polisie se topbestuur het die statistieke vir die 2018-'19-boekjaar amptelik tydens 'n sitting van die portefeuljekomitee oor polisie bekend maak.

Daarna het genl. Bheki Cele, minister van polisie, en sy adjunk, Cassel Mathale, saam met Sitole en die ander senior polisiebestuurders joernaliste op ‘n nuuskonferensie by die Imbizo-mediasentrum by die parlement oor die statistieke toespreek.

Die statistieke kom nadat pres. Cyril Ramaphosa en sy kabinet die uitreiking daarvan tydens hul laaste kabinetsvergadering verlede Woensdag goedgekeur het.

Belangrike statistiek tot dusver
  • Moorde landwyd styg met 3,4%. Altesaam 21 002 mense is vermoor.
  • Hiervan is 47 moorde op plase gepleeg.
  • Seksuele misdade styg met 4,6% - 52 420 sake is aangemeld.
  • Dit kom neer op meer as 57 mense per dag wat vermoor word.

Volg die regstreekse dekking hier.

12 Sep. 15:17:19

12 Sep. 15:17:14

12 Sep. 15:17:08

12 Sep. 15:17:01

12 Sep. 15:16:52

12 Sep. 15:16:45

12 Sep. 14:12:31

Die Wes-Kaap het weer die meeste gekonsentreerde punte van ernstige misdade wat moord, poging tot moord, roof, kapings en dwelmverwante misdaad insluit.

Lees meer hier
12 Sep. 14:10:39

Hieroor word mense vermoor:

Die aantal moordsake is volgens faktore in die amptelike statistieke uiteengesit. Die faktore wat tot die meeste moorde gelei het, is:

- Stryery/misverstande (1 727)

- Bendeverwant (1 120)

- Huislike geweld (1 115)

8 mense is weens politieke redes vermoor, 47 plaasmoorde en 70 polisielede.

 

Metodes

In die meeste gevalle (7 156) word vuurwapens gebruik, gevolg deur messe (4 720) en ander skerp voorwerpe (1 552). 159 mense is met 'n bottel of bottelkop vermoor, 87 met sjambokke en 72 met pangas. 

12 Sep. 14:01:56

AgriSA bekommerd oor plaasmoorde

 

AgriSA se reaksie:

 

Agri SA is bekommerd oor die hoeveelheid plaasmoorde soos vandag deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) bekendgemaak. Hoewel hierdie syfer ’n daling is van die 62 plaasmoorde in die vorige boekjaar, bly dit enorm en kom dit neer op byna vier moorde per maand. Die oorledenes was deel van noue gemeenskappe en hul moorde laat ’n bittere leemte.

“Aanvalle op die landbougemeenskap en die brutaliteit daarvan, is onaanvaarbaar en neem kommerwekkende afmetings aan,” sê Tommie Esterhuyse, Agri SA Voorsitter van die Sentrum van Uitnemendheid: Landelike Veiligheid.

“Alles moet in die stryd gewerp word om dié gemeenskappe, wat verantwoordelik is vir voedselsekerheid in Suid-Afrika, te beskerm.”

Hoewel die plaasmoordsyfer van die laagste is wat in die afgelope paar jaar aangeteken is, beteken dit nie dat die landbousektor minder paraat kan wees nie. Die tendens lyk belowend, maar die realiteit bly dat 47 moorde steeds 47 te veel is.

“Plaasaanvalle en -moorde kom al dekades voor en drastiese optrede, ondersteun met die nodige politieke wil, is nodig om dit te voorkom.”

Agri SA gee erkenning aan die boerderygemeenskap wat hul veiligheidstrukture en plaaslike inisiatiewe opgeskerp het, ten spyte van die hoë koste verbonde hieraan. 

“Landbouers maak noodgedwonge staat op privaat sekuriteitsmaatskappye, omdat die ondersteuning van plaaslike polisiestasies nie voldoende is nie. Die vennootskappe met die privaatsektor werp vrugte af en dra by tot die sukses van misdaadbekamping.”

Volgens die SAPD se statistieke het veediefstal toegeneem. ’n Agri SA opname het gewys dat eiendomsverwante misdade - veediefstal, die diefstal van plaasinfrastruktuur en implemente - die grootste impak op die landbou het met skade wat miljarde Rande beloop. Veediefstal is al meer die teiken van georganiseerde misdaad en die polisie moet dit as sodanig ondersoek.

“Die boerderygemeenskap meld al minder eiendomsverwante misdade aan, omdat daar nie meer vertroue in die strafregstelsel is om ’n suksesvolle vervolging van misdadigers te verseker nie. Net in Harrismith en Bethlehem is daar in die afgelope 15 maande meer as 2700 stuksvee gesteel en meer as 300 sake is aangemeld. Maar slegs een arrestasie is in die sake gemaak.”

Agri SA moet egter erkenning aan die SAPD gee dat plaasaanval-statistiek by misdaad statistieke ingesluit word. Dit dui op ’n gesindheidsverandering by die polisie dat hulle die erns van die saak erken. In die verband verwelkom Agri SA ook die nuwe hersiene landelike beveiligingstrategie wat binnekort vrygestel sal word.

“Agri SA was aktief betrokke by die opstel van dié hersiene strategie en hoop dit sal verder momentum aan plaasbeveiliging verleen en die landbousektor beskerm.”

12 Sep. 13:56:32

Hier is die hoofredes vir aanranding:

Die aantal sake van aanranding is volgens faktore in die amptelike statistieke uiteengesit. Die faktore wat tot die hoogste aanrandings lei is

- Stryery/misverstande (27 813 sake)

- Huislike geweld (19 687 sake)

Altesaam 1 220 sulke sake is weens wraak aangemeld, 82 weens taxigeweld, 13 wat polities gedrewe was en 241 is plaasverwant.

 

Metodes

Verreweg die meeste aanrandings word gepleeg met die hand (96 833) en met messtekery (46 469).

128 sake is aangemeld waar mense met suur aangerand is en 1 724 met kookwater.

Meer oor:  Misdaadstatistieke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.