Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Renée Jain-moord: Man ondervra

Die 39-jarige man wat die polisie Maandag in verband met die moord op Renée Jain (50) op ’n landgoed in die Wolseley-omgewing ondervra het, is nie aangekla nie.

Renée Jain se moordenaars word nog gesoek. Foto: Facebook

Kapt. Frederick van Wyk, polisiewoordvoerder, het Woensdag gesê speurders volg nog leidrade op.

Netwerk24 het van ’n bron verneem dat die man in Tulbagh vir ondervraging geneem is. ’n Ander bron het gesê hy was glo die bestuurder van die voertuig wat Jain se vermeende moordenaars by die De Vierde Liefde-landgoed afgelaai het.

Jain, ’n dogter van André (Bakkies) Rossouw, ’n oudredakteur van die tydskrif Sarie, is op Vrydag 26 Maart in haar huis op die landgoed vermoor. Sy was alleen tuis.

Na verneem word, is sy vermoedelik met ’n kussing versmoor.

Vroeër is berig dat haar hande en voete met ’n elektriese kabel agter haar rug vasgemaak was. Die kabel is ook om haar nek gebind. Sy is vermoedelik daarna versmoor.

Bronne het verlede week gesê Jain se selfoon, tablet of skootrekenaar en juweliersware word vermis.

Die juweliersware is glo Saterdag by ’n begraafplaas in Tulbagh gevind in die voertuig van ’n egpaar wat ook op die landgoed woon en vermoedelik deur Jain se vermeende moordenaars beroof is.


Meer oor:  Renée Jain
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.