Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Renosterkalf getraumatiseer nadat stropers toeslaan
Annie in haar nuwe omgewing waar sy gerehabiliteer gaan word. Foto: Verskaf

Annie, ’n renosterkalfie van sowat ses maande oud, is deur die Rhino Orphanage naby Mokopane in Limpopo ingeneem en ontvang traumabehandeling nadat haar ma die afgelope week deur stropers doodgemaak is.

“Annie is met ’n blinddoek hier aangebring deur ons reddingsbeamptes nadat haar ma Donderdag deur stropers aangeval is,” sê dr. Arrie van Deventer, stigter van die Rhino Orphanage.

“Die blinddoek was om haar kalm te hou en algaande gewoond te maak aan haar nuwe omgewing in die rehabilitasiesentrum.

“Sy het angsaanvalle gekry en ons moes die blinddoek verwyder om haar te laat bedaar. Sy is ’n kalmeermiddel ingegee, maar is steeds rusteloos.”

Annie, ’n renosterkalfie, word geblinddoek voordat sy na ’n rehabilitasiesentrum gebring is. Foto: Verskaf

Volgens Van Deventer is Annie se ma voorheen onthoring maar die stropers het haar van kant gemaak om ’n stuk van die horing wat agtergebly het, te verwyder. Hy wou weens veiligheidsreëls nie bekend maak waar die renosters aangeval is nie. Die stropers is nog nie aangekeer nie.

“Ons missie is om renosters te red, te rehabiliteer en weer vry te laat. Annie sal eers gerehabiliteer moet word. Dit kan vyf jaar duur. Ons probeer renosterwesies se kontak met mense beperk. Geen toeriste word ook hier toegelaat nie,” sê Van Deventer.

Meer oor:  Limpopo  |  Stropers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.