Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Reserviste in Oos-Kaap drasties verminder

Gemeenskapsveiligheid in die Oos-Kaap is in die gedrang met die aantal reserviste wat drasties verminder is.

Weziwe Tikana, LUR vir veiligheid in die provinsie, het na aanleiding van vrae wat in die wetgewer gestel is, syfers oor die aantal reserviste bekend gemaak.

Volgens Tikana was die aantal reserviste in die 2015-’16-boekjaar 2 017, terwyl dit nou 677 is.

In die 2016-’17-boekjaar was daar 1 859 reserviste vergeleke met 1 238 in die 2017-’18-boekjaar.

In die 2018-’19-boekjaar was daar 1 103 en in die 2019-’20 is daar net 677.

Bobby Stevenson, die DA se woordvoerder vir veiligheid in die Oos-Kaap, sê die departement vir veiligheid en die polisie in die provinsie doen nie die nodige stappe om genoeg reserviste aan te stel nie. Hy meen meer moet aangestel word om misdaad die nekslag toe te dien.

“Daar is duisende vrywilligers daar buite. Kom ons gebruik die energie van die hele samelewing om weer die mense se vertroue in die polisie te herstel.”

Stevenson sê die DA glo dat misdaadbekamping ’n vennootskap is tussen die gemeenskap en die polisie.

“Ons benodig meer stewels op die grond en groter samewerking van die gemeenskap, as deel van die oplossing. Sigbare polisiëring bring die misdaadsyfer af met 40%,” sê Stevenson.

In die Oos-Kaap is daar ook ’n tekort aan 980 polisiebeamptes.

Daar is duisende vrywilligers daar buite. Kom ons gebruik die energie van die hele samelewing om weer die mense se vertroue in die polisie te herstel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.