Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Reuse-klip van brug in Witbank op vrou se motor gegooi

REGSTELLING

Hierdie berig is aangepas nadat dit aanvanklik gepubliseer is om die ligging van die voorval reg te stel. Die voorval het op die N4-hoofweg by Donkerhoek, oos van Pretoria, gebeur.


’n Vrou het Donderdagaand die dood wonderbaarlik vrygespring toe ’n reuse-klip op die N4-hoofweg by Donkerhoek, oos van Pretoria, vanaf ’n brug op haar motor gegooi is.

“Ek is vol glasskerwe. Die klip is aan die linkerkant deur die voorruit en het op my handrem geval,” het Elmarie Theunissen, ’n finansiële klerk by Bronkhorstspruit Primary School, gesê.

Die klip wat vanaf ’n brug in Witbank op die motor gegooi is, het op die handrem te lande gekom. Foto: Verskaf

Volgens haar het sy eers toe sy by die tolhek by die Solomon Mahlanguweg-afrit stilhou, besef wat gebeur het.

Sy het daarna ’n saak van kwaadwillige saakbeskadiging by die polisie in Bronkhorstspruit aangemeld.

Haar hele lyf was vol glasstukke en haar selfoon, wat op die passasiersitplek gelê het, is ook daarmee heen.

Volgens haar het die klip die motor net ná 20:00 getref toe sy onderdeur die brug op die hoofweg gery het. Sy was van ’n sportkursus op pad huis toe.

“Ek ís al gewaarsku om nie in die aand te ry nie.”

Siobhan Muller, DA-raadslid vir die Tshwane-metroraad se Wyk 82, sê hoewel sy in skok is, is sy gelukkig ongedeerd.

Die voorruit van die motor nadat die klip vanaf die brug in Witbank op die motor gegooi is. Foto: Verskaf

Meer oor:  Witbank
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.