Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Reuse-laboratorium vir dagga in Noordhoek gekry

Lede van die Valke se narkotikaburo en van die polisie se eenheid vir misdaadintelligensie het Dinsdag ’n 43-jarige man in hegtenis geneem nadat ’n reuse- hidroponiese dagga-laboratorium by sy huis in Noordhoek in Kaapstad gevind is.

’n Groot hoeveelheid daggaplante en verwerkingstoerusting is in die operasie gevind en die lede op al die plante en toerusting beslag gelê.

Zinzi Hani, woordvoerder van die Valke, het gesê dit is nie onwettig om dagga op ’n private eiendom te hê nie, maar dit is wel onwettig om sulke groot hoeveelhede op ’n perseel te hê vermoedelik met die doel om dit te verkoop.

Volgens haar was die verdagte ten tyde van die operasie die enigste mens op die perseel in Antiquelaan, Capri Village, Noordhoek.

Luidens ’n verklaring van die Valke is die gesamentlike waarde van die dagga en die toerusting sowat R250 000.

Die operasie het gespruit uit inligting wat oor die laboratorium ontvang is.

Die inwoner van die huis is in hegtenis geneem vir die verbouing van dagga en sal Donderdag in die Simonstadse landdroshof verskyn.

Meer oor:  Valke  |  Noordhoek  |  Kaapstad  |  Dagga
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.