Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Reusesoektog nadat 3 vuurwapen op boer rig

’n Reusesoektog is Dinsdagoggend begin nadat drie mans ’n vuurwapen op ’n plaaseienaar buite Wolseley in die Wes-Kaap gerig het.

Drie helikopters, ’n honde-eenheid en tientalle individue, insluitend die eienaar se seun, is tans op soek na die drie verdagtes wat glo na die berg gevlug het.

Volgens Chris Loubser, koördineerder van die soektog, het die voorval Dinsdagoggend omstreeks 06:00 op die plaas Elandskloof gebeur. Die mans het glo die eienaar, in sy 70’s, by sy agterdeur gekry en die wapen op hom gerig. Volgens Loubser is dit nog onduidelik hoe die eienaar dit reggekry het, maar hy het na sy voertuig ontsnap.

“Hy het op sy bakkie se toeter gedruk om plaaswerkers se aandag te kry, maar dit was onsuksesvol,” sê Loubser.

“Hy het gesien hoe die aanvallers berg op hardloop. Hy kon toe wegkom.”

Die eienaar is ongedeerd. Dit is nog onduidelik of enigiemand anders in die huis was ten tyde van die voorval.

Volgens Loubser het talle mense in die omgewing ingespring om die drie mans te probeer kry.

“Ons gaan nie slaap voordat ons hulle gekry het nie,” sê hy.

Die polisie het nog nie op navrae gereageer nie.

Meer oor:  Wolseley  |  Wapen  |  Soektog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.