Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
RFA veroordeel aanvalle op vragmotors

Die Road Freight Association (RFA) het aanvalle op vragmotors ten sterkste veroordeel nadat verskeie vragmotors Donderdagnag met brandbomme bestook en aan die brand gesteek is.

“Die aanvalle stel die lewens van vragmotorbestuurders in gevaar,” sê Gavin Kelly, uitvoerende hoofbeampte van die RFA.

Minstens nege vragmotors is Donderdagaand naby Heidelberg met petrolbomme bestook.

Kapt. Mavela Masondo, provinsiale polisiewoordvoerder, sê die voorvalle was omstreeks 20:30.

“Voorlopige verslae dui daarop dat ’n wit Toyota Quantum en ’n swart Volkswagen die pad versper het. Die vragmotors het gebrand nadat dit glo met petrolbomme bestook is.”

Hy se^ sewe vragmotors is op die N3 tussen Heidelberg en Vosloorus aan die brand gesteek en twee vragmotors is op die R103 aan die brand gesteek.

Dié twee paaie is langs mekaar geleë.

“Die motief vir die aanvalle kan nie op die oomblik bevestig word nie,” se^ Masondo.

“Voorlopige verslae dui daarop dat die aanvallers in ’n Toyota Quantum en ’n Volkswagen gery het,” se^ Masondo.

Die polisie in Gauteng doen alles moontlik om hulle so gou as moontlik vas te trek.

Nog geen verdagtes is in hegtenis geneem nie.

Die polisie het teen Vrydagmiddag nog nie gereageer op navrae oor wat met die vragmotorbestuurders gebeur het nie.

Kelly sê daar is meer agter die aanvalle as net die ongelukkigheid oor buitelandse drywers in die Suid-Afrikaanse bedryf.

“Die aanvalle word gekoördineer deur misdadigers wat die land omver wil gooi,” se^ Kelly.

Hy het ’n beroep gedoen op pres. Cyril Ramaphosa, asook die polisie om by dié logistieke bedryf in te gryp en om skuldiges vas te trek.


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.