Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Roodepoort-vrou dood, man gewond in roof

’n Vrou is doodgeskiet en haar man ernstig gewond nadat rowers by hul huis in Roodepoort aan die Wes-Rand ingebreek het.

Luidens ’n verklaring deur Netcare 911 is albei Vrydag in die voorval geskiet.

“Die vrou is in die nek en in die bors geskiet en die man is deur die oog geskiet,” lui die verklaring.

Die slagoffers is op die toneel behandel.

Die vrou is per helikopter na die hospitaal geneem. Sy het egter aan haar beserings beswyk.

Die man word in die hospitaal behandel.

“Die polisie ondersoek die omstandighede wat tot die skietvoorval gelei het,” lui die verklaring.

Lt. kol. Lungelo Dlamini, provinsiale polisiewoordvoerder, kon nie Sondag die voorval bevestig nie.

Meer oor:  Roodepoort  |  Rooftog  |  Huisroof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.