Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Rooftog by kafee op kamera vasgevang

Niemand is al in hegtenis geneem ná ’n rooftog – wat op kringtelevisiebeelde vasgevang is – Maandag in die vroeë oggendure by die Naguil-kafee op Oudtshoorn nie.

Kapt. Malcolm Pojie, ’n polisiewoordvoerder, sê die rooftog was omstreeks 01:20. Die kafee is geleë by ’n vulstasie waar ’n mens Oudtshoorn op die N12 van George se kant af binnekom.

Volgens Pojie toon ’n voorlopige ondersoek dat vier onbekende mans die kafee binnegekom het nadat hulle die deur met ’n skerp stuk yster oopgedwing het.

Hulle het ook ’n liter melk op die toonbank uitgestort voordat hulle van die toneel gevlug het.

Van die rowers was met ’n vuurwapen en ’n panga gewapen.

“Hulle het die winkelassistent en twee petroljoggies gedreig, vasgebind en toe ’n onbekende bedrag kontant uit die kasregister geneem,” sê hy.

“Hulle het ook ’n liter melk op die toonbank uitgestort voordat hulle van die toneel gevlug het.”

Die Facebook-blad Oudtshoorn Crime Watch het die kringtelevisie-video waarop die rooftog gesien kan word, op sy blad geplaas.

Terwyl die rowers in die rigting van Oudtshoorn se woonbuurte weggehardloop het, het ’n vyfde persoon hom by hulle aangesluit. Niemand is al in hegtenis geneem nie.

Mense met inligting kan die polisie op Oudtshoorn by 044 203 9000 of 044 274 4400 bel, of die tolvrye misdaadnommer 08600 10111 skakel.

Volgens Pojie sal die inligting vertroulik gehanteer word.

Meer oor:  Oudtshoorn  |  Rooftog  |  Kamera
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.