Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Rooftog by kafee: Vrou sterf in lewensmaat se arms

Allan Wolmarans (54) se jare lange lewensmaat, Marthie Rademeyer (44), is Sondagaand ná ’n gewapende rooftog in die gebied tussen Pyramid en Hammanskraal, noord van Pretoria, in sy arms dood.

Wolmarans is met 'n vuurwapen in die gesig geslaan.

Die voorval het omstreeks 21:00 agter die Wolmarans-kafee op die R101 (ou Warmbadpad) op 'n kleinhoewe gebeur. Dit was egter nie ’n plaasaanval soos vroeër berig is nie.

Allan Wolmarans en Marthie Rademeyer

Die paartjie woon op 'n kleinhoewe sowat 300 m vanaf die familieonderneming. ’n Drankwinkel en vulstasie word op dieselfde perseel as die kafee bedryf.

Volgens Wolmarans het twee gewapende mans skielik uit die niet hul verskyning agter in die erf gemaak waar die paartjie se voertuig geparkeer was. ’n Onbekende getal skote is geskiet. Wolmarans is onseker hoeveel skote Rademeyer getref het.

“Ek het net die skoot gesien wat haar mond getref het,” sê hy.

Sy is op die toneel dood.

Die rowers het met onder meer R1 000 in kontant en selfone gevlug.

Marietie Louw-Carstens het vroeër ’n navraag aan die polisie gerig, maar teen Maandag omstreeks 13:00 is geen terugvoering nog ontvang nie.

Meer oor:  Hammanskraal  |  Lewensmaat  |  Vrou  |  Sterf  |  Rooftog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.