Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Rooftog eis 4de lid van JMPD in ’n maand

’n Lid van die Johannesburgse metropolisie (JMPD) is Vrydagaand tydens ’n gewapende roof doodgeskiet.

Dit is die vierde lid van die metropolisie wat in minder as ’n maand dood is.

“Die 47-jarige deeltydse verkeersbeampte, wat gisteraand (Vrydag) van diens af was en in siviele drag geklee was, het ’n gewapende roof gesien gebeur in Ivory Park,” sê Michael Sun, burgemeesterskomiteelid vir openbare veiligheid, in ’n verklaring.

Toe hy probeer ingryp, het die drie gewapende rowers op hom begin skiet.

“Hy is in die arm en borskas geskiet. Hy het ongelukkig op die toneel gesterf,” lui die verklaring.

Volgens Sun is niemand tot dusver in hegtenis geneem nie.

Hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie, het die voorval bevestig, maar kon die identiteit van die oorledene bekend maak nie, omdat sy naasbestaandes nog nie ingelig is van die voorval nie.

Herman Mashaba, burgemeester van Johannesburg, sê hy is bitterlik teleurgesteld en kwaad dat nóg ’n lid van die metropolisie hul lewens verloor het in ’n poging om te “dien en beskerm”.

“Dit is die vierde dood in die JMPD in minder as ’n maand, en dit moet stopgesit word. Ek het ’n beroep op die provinsiale polisiekommissaris, lt.genl. Deliwe de Lange, gedoen om te help om die verdagtes vas te trek.”

* Azwinndini David Ratshikhopha (47) is op 13 Februarie in Booysens doodgeskiet toe hy ingegryp het tydens die kaping van ’n minibustaxi.

* Sophie Ngoasheng (45) en Winnie Mokgolo (35), albei lede van die JMPD, is op 29 Januarie vanjaar dood toe ’n dronk bestuurder ingeploeg het in ’n padversperring waar hulle diens gedoen het.

Ngoasheng en Mokgolo het daardie aand ’n Hyundai-motor met drie insittendes, ’n BMW en ’n Porsche in Witkoppenweg, Paulshof, voorgekeer toe ’n Toyota Hilux-dubbelkajuitbakkie in hulle vasgejaag het, het Minnaar vroeër gesê.

Die JMPD-beamptes is op die toneel dood.

Meer oor:  Rooftog  |  Jmpd
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.