Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Rooftog in Bronkies: Verdagtes dalk in Vrystaat

’n Beloning van R10 000 is uitgeloof vir inligting wat kan lei tot die inhegtenisneming van gewapende rowers wat ’n finansiële instelling in Bronkhorstspruit in Julie vanjaar beroof het.

Verdagte nommer een.

Minstens een van die gewapende rowers wat Barko Financial Services op 24 Julie in minder as ’n minuut beroof het, lê vermoedelik laag in die Vrystaat.

Elmarie Venter, ’n administratiewe beampte van Barko, sê ’n private ondersoek het aan die lig gebring dat een van die verdagtes hom moontlik in Bloemfontein bevind.

Venter sê die gewapende rowers, waarvan vier op kamera vasgevang is, het blitsig derduisende rande by hul tak in Bronkhorstspruit geroof.

Hoewel die rowers tydens die rooftog in die tak vasgekeer was, het hulle een van die vensters gebreek om te vlug.

Sy doen ’n beroep op mense met inligting om na vore te kom.

“ ’n Beloning van R10 000 is uitgeloof vir inligting wat tot die inhegtenisneming van die verdagtes lei.”

Mense met inligting oor waar die verdagtes hulle bevind, kan Thinus van Rooyen by 072 181 5268, Mpho Dorian by 078 985 5002 of Johan Müller by 071 353 3948 bel.

Alle inligting sal as vertroulik gehanteer word.

’n Saak is by die polisie aanhangig gemaak.

Verdagte nommer twee.
Verdagte nommer drie.
Verdagte nommer vier.
Meer oor:  Bronkhorstspruit  |  Soektog  |  Misdaad  |  Rooftog  |  Verdagtes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.