Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Rooftog op video vasgevang: Verdagte aangekeer

Wetstoepassers van Kaapstad het Donderdag ’n verdagte en ander “persone van belang” in hegtenis geneem nadat ’n video van ’n man wat ’n motoris in spitsverkeer beroof, wyd op sosiale media versprei is.

’n Motoris word in spitsverkeer in Elsiesrivier beroof.Foto: Verskaf

Die voorval het Woensdag in spitsverkeer in Elsiesrivier by die kruising van Halt- en Voortrekkerweg gebeur.

In die video kan duidelik gesien word hoe ’n motoris beroof word. ’n Verdagte klim dan doodluiters in ’n taxi en verlaat die toneel.

Die verdagte het met ’n selfoon op die vlug geslaan, wat glo met sy inhegtenisneming teruggevind is.

JP Smith, die Kaapstadse metroraad se burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit, sê hy het die video aan die metro se openbare nood-kommunikasiesentrum oorhandig, waarna wetstoepassers die saak opgevolg het.

Smith sê wetstoepassers in gewone klere het die verdagte opgespoor en hom saam met ander persone van belang in hegtenis geneem.

Smith sê hulle doen nou ’n beroep op die motoris om ’n klag by die polisie aanhangig te maak.

“Ongelukkig is die voertuig se registrasienommer nie (op die beeldmateriaal) sigbaar nie, en ons vra dat iemand wat hierdie persoon ken, hom aanmoedig om na vore te kom om ’n formele klag in te dien.”

Die verdagte spring in ’n taxi om weg te kom. Foto: Verskaf
Meer oor:  Elsiesrivier  |  Misdaad  |  Rooftog  |  Inhegtenisname  |  Video
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.