Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Roofverdagte by Melrose Arch in been geskiet
Twee van die vermeende rowers wat die BP-vulstasie in Melrose Arch in Johannesburg wou beroof het. Foto: Verskaf

Een van die verdagtes wat Woensdagoggend die BP-vulstasie in Melrose naby Melrose Arch in Johannesburg wou beroof, is deur die polisie in die been geskiet.

Kapt. Mavela Masondo, Gautengse polisiewoordvoerder, sê al vyf verdagtes wat in die gewapende rooftog betrokke was, is in hegtenis geneem.

“Die polisie het ook ’n ongelisensieerde vuurwapen en ’n gekaapte voertuig gevind,” sê Masondo.

Hy sê die polisie het inligting ontvang dat daar mense is wat die BP-vulstasie in Corlettrylaan wil beroof.

“Die verdagtes wat die beskrywing gepas het, was in twee motors, ’n grys Toyota Etios en ’n grys Nissan Almera, by die vulstasie geparkeer.”

Toe die polisie die verdagtes nader, het een van die verdagtes uit die motor geklim en ’n vuurwapen uitgehaal.

“Hy is toe deur die polisie geskiet,” sê Masondo.

Een van die motors is onlangs in Jeppestown gekaap.

Masondo sê ’n ondersoek word gedoen om vas te stel of die verdagtes nie met ander ernstige of gewelddadige misdade verbind word nie.

Die polisie ondersoek ’n saak van poging tot roof.

Meer oor:  Melrose Arch  |  Johannesburg  |  Sapd
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.