Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Rooimiere slaan man glo dood

Die Rooimiere het na bewering Donderdag ’n man met ’n geestesongesteldheid in Midvaal, suid van Johannesburg, doodgeslaan.

Die man se lyk is op die R59-hoofweg tydens ’n diensleweringoptog gevind, sê kapt. Kay Makhubela, polisiewoordvoerder.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Die Rooimiere, hervestiging- en uitsettingsdienste, sê hulle sal later Vrydag kommentaar lewer.

Makhubela sê die R59-hoofweg bly gesluit en die polisie monitor die situasie.

Bongani Baloyi, uitvoerende burgemeester van die Midvaal-munisipaliteit, sê daar is toenemend frustrasie oor grondkwessies in die gebied.

Baloyi sê daar was tydens die betoging ’n rusie tussen die Rooimiere en die gemeenskap wat daartoe gelei het dat inwoners klippe begin gooi het.

Die Rooimiere het probeer om die inwoners te keer om die paaie met klippe te versper en motorbande te brand.

Twee mense is ook verlede Vrydag in Lenasia, suid van Johannesburg, tydens ’n geveg oor grond dood.

*Bykomende beriggewing deur Caryn Dolley.

Meer oor:  Kay Makhubela  |  Midvaal  |  Slaan  |  Rooimiere
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.