Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
'Rou en moeilike tyd', maar Hannah se ouers help ander

Hannah Cornelius se ouers het ’n trust in haar naam geregistreer om iets positief te doen vir die duisende ander ouers en kinders wat deurgemaak het wat hulle moes deurmaak.

Hannah Cornelius se ouers, Anna en Willem, by haar gedenkdiens by die NG Kerk in Vishoek op 2 Junie vanjaar. Foto: Jaco Marais

“Dit is ’n rou en ’n moeilike tyd,” het Anna Cornelius Dinsdag gesê. “Maar ons is nie net bereid om na die negatiewe goed te kyk nie, dit is nou verby.” Cornelius het gesê dat die visie en missie vir die Hannah Cornelius Trust op 30 Oktober by Kamers vol Geskenke volledig bekend gemaak sal word.

Haar dogter (21) is die oggend van 27 Mei voor ’n woonstelgebou in Birdstraat, Stellenbosch, ontvoer. Sy is verkrag en vermoor. Haar lyk is kort ná 08:30 op die plaas Groenhof naby die Knorhoekpad buite Stellenbosch gevind.

“Die ergste denkbare ding wat met ouers kan gebeur, het met ons gebeur en dit gebeur met honderde kinders en ouers,” het Cornelius, ’n prokureur, Dinsdag gesê. “Ons wonderlike dogter is maar net een van duisende wat vermoor is en ons wil opstaan vir almal. Ons het ’n baie breër visie as net die dood van ons dogter.”

Hannah Cornelius (21) se ouers wil opstaan vir die kinders en ouers wat deur soortgelyke tragedies as hulle getref is.

Cornelius het gesê dat die belangrike ding vir haar en haar man, Willem, die hooflanddros op Simonstad, is dat hulle iets positief wil doen terwyl almal na die negatiewe goed kyk. “Ons wil ’n nuwe visie vir jeug skep vir die toekoms, al neem dit ons twee tot drie generasies. Ons wil vir kinders wat andersins nie ’n toekoms gehad het nie ’n nuwe visie en toekoms skep.

“Die probleme in ons land kan nie aangaan soos wat dit aangaan nie,” het Cornelius gesê. “Ons moet nou opstaan en iets doen.”

Meer oor:  Anna Cornelius  |  Hannah  |  Moord  |  Trust
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.