Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Rou tabak van R10 m. in Oos-Londen gekry

Tabak van sowat R10 miljoen is in ’n pakhuis in Oos-Londen gevind nadat daar op die Beitbrug-grenspos op ’n vrag rou tabak beslag gelê is.

Rou tabak met ’n waarde van sowat R10 miljoen waarop die polisie en doeanebeamptes in Oos-Londen beslag gelê het. Foto: Verskaf

Amptenare het vasgestel dat die vrag op pad was na ’n pakhuis in Oos-Londen en het hul kollegas daar gekontak.

Brig. Tembinkosi Kinana, woordvoerder van die polisie in die Oos-Kaap, sê doeanebeamptes by Beitbrug het hul kollegas Woensdagmiddag gekontak nadat hulle uitgevind het waarheen die besending uit Zimbabwe sou gaan.

Doeanebeamptes in Oos-Londen het die hulp van die polisie ingeroep en polisiebeamptes van die Cambridge-eenheid vir landelike veiligheid wat in die omgewing op patrollie was, het dadelik toegeslaan.

Beslag is gelê op 1 279 bokse rou tabak, wat altesaam sowat 200 kg weeg. Die waarde word op sowat R10 miljoen geraam.

’n Man (31) is in hegtenis geneem. Hy het glo probeer om die doeanebeamptes om te koop, en ’n verdere klag van omkopery is by die klagte teen hom gevoeg.

Kinana sê die doeanebeamptes het die polisie dadelik ingelig dat daar ’n poging was om hulle om te koop. Beslag is ook gelê op die geld wat hy aangebied het in ’n poging om vrygelaat te word.

Die polisie is besig met die ondersoek in ’n poging om die groter netwerk smokkelaars op te spoor.

Die 1 279 bokse met rou tabak wat in ’n pakhuis in Oos-Londen gekry is. Foto: Verskaf
Meer oor:  Beitbrug-Grenspos  |  Oos-Londen  |  R10 Miljoen  |  Pakhuis  |  Rou Tabak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.