Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Rouxville verslae oor Ons Winkel brand
Só lyk die beskadigde klere en ander voorraad in Ons Winkel in Rouxville wat Saterdagoggend vroeg gebrand het. Foto: Verskaf

Die gemeenskap van Rouxville in die Vrystaat is verslae nadat ’n geliefde winkel vir hulpbehoewendes gebrand het toe betreders glo daar ingebreek het.

Ons Winkel is deel van ’n gemeenskapsprojek van Solidariteit Helpende Hand.

Dit het Saterdag in die vroeë oggendure gebrand. Byna al die voorraad in die winkel is beskadig.

Magda du Plessis, winkelkontrakteur, sê die presiese tyd wat die brand ontstaan het, is onbekend.

Hulle het verneem iemand het onregmatig toegang tot die perseel verkry.

“Ons verneem dat hulle lig kom soek het in Ons Winkel, en dit in die proses aan die brand gesteek het. Ons harte is baie seer.”

Een doel van Ons Winkel is om mense te voorsien van klere en ander voorraad wat hulle gratis by die winkel kan kom kry.

Volgens haar bring Ons Winkel lig in baie mense se lewe. Die ander twee Ons Winkel-takke waarvan Du Plessis die kontrakteur is, is in Zastron, ook in die Suid-Vrystaat, en in Aliwal-Noord in die Oos-Kaap.

Kobus Venter van Solidariteit Helpende Hand in die Vrystaat sê die winkels se spesifieke doel is om mense in die gemeenskap te help en te ondersteun.

Een doel van Ons Winkel is om mense te voorsien van klere en ander voorraad wat hulle gratis by die winkel kan kom kry. Behoeftiges kan aansoek doen vir hulp waarna ’n maatskaplike werker dan die presiese behoefte evalueer.

’n Tweede doel is om die opbrengs te gebruik om leerlinge deur die skool te kry.

Venter sê die ingesamelde geld het daartoe bygedra dat altesaam 1 300 leerlinge vanjaar onderrig kry.

Hy sê hul ander Vrystaat-tak kan met voorraad help, maar die gemeenskap word ook gevra om te help.

’n Navraag oor die oorsaak van die brand is aan die polisie gerig. Geen reaksie is sover gekry nie.

Meer oor:  Solidariteit  |  Vrystaat  |  Rouxville  |  Brand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.