Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Rower (33) vas oor rooftog, skietery in parkeerterrein

’n Rower (33) is Sondagoggend in hegtenis geneem ná ’n rooftog en skietery by ’n kruidenierswarewinkel in Kuilsrivier, ’n noordelike voorstad van Kaapstad.

Kol. Andrè Traut, polisiewoordvoerder, sê die inhegtenisneming is gemaak danksy die vinnige optrede van die polisie.

Polisiebeamptes Sondag by Food Lover’s Market in Kuilsrivier. Foto: Jaco Marais

Die winkel is op Facebook as Food Lover’s Market in Jan van Riebeeckstraat in Kuilsrivier geïdentifiseer.

Volgens Traut het vier mans die winkel beroof kort ná dit oopgemaak het.

“Hulle het met ’n onbekende bedrag geld gevlug. Polisiebeamptes wat op die voorval gereageer het, is in die parkeerterrein deur een van die mans gekonfronteer wat op hulle losgebrand het. Die polisie het teruggeskiet en die man is gewond en toe in hegtenis geneem. Sy drie makkers word deur die polisie gesoek. Hulle het ’n Toyota-voertuig gekaap terwyl hulle van die toneel weggevlug het. Die motor is later in Mfuleni gevind,” sê hy.

Volgens Traut is niemand gyselaar gehou nie.

Polisiebeamptes Sondag by Food Lover’s Market in Kuilsrivier. Foto: Jaco Marais

Die omstandighede rondom die voorval word ondersoek. Die man sal binnekort in die hof verskyn.

Mense het Sondag op Facebook hul skok oor die voorval uitgespreek en geskryf tydens hulle vroegoggend inkopietog na die winkel “het die koeëls behoorlik gevlieg”.

’n Vrou wat op Facebook gesê het haar pa was in die winkel, het by navraag op Messenger aan Netwerk gesê hy is “oukei” en by die huis. “Dit het ’n uur terug gebeur en die polisie was daar.” Sy het nie op verdere vrae gereageer nie.

Meer oor:  Andrè Traut  |  Kuilsrivier  |  Skietery  |  Rooftog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.