Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Rower dood in jaagtog

’n Rower is Dinsdagoggend dood toe die wegkommotor waarin hy en ander verdagtes van die polisie weggejaag het, in die omgewing van Govan Mbeki, Port Elizabeth, in ’n ongeluk betrokke was.

Vier ander vermeende rowers is nog op vrye voet nadat hulle van die ongelukstoneel gevlug het.

Sers. Majola Nkohli, polisiewoordvoerder, sê vyf mans, waarvan een ’n vuurwapen gehad het, het Dinsdag omstreeks 08:30 ’n taverne in KwaNobuhle, Uitenhage, bestorm en ’n werker aangehou.

Die rowers het die taverne omgekeer op soek na iets om te steel en het met geld, ’n TV en drank in ’n wit Nissan-bakkie gevlug.

Volgens Nkohli het die klaer die polisie gekontak waarna die bakkie se beskrywing oor al die polisie se radiokanale uitgestuur is.

Die bakkie is kort daarna deur lede van die Uitenhage K9-eenheid in Ou Uitenhageweg gewaar. ’n Hoëspoedjaagtog het gevolg.

Die jaagtog het sowat 36 km verder in die Govan Mbeki-omgewing in Port Elizabeth geëindig toe die bestuurder van die bakkie in Goniwestraat beheer oor die voertuig verloor en dit gerol het.

Nkohli sê een van die rowers is op die toneel dood terwyl die ander vier tussen die huise in verdwyn het.

Die polisie het beslag gelê op R35 000 se drank en die bakkie.

Enigeen met meer inligting oor die voorval kan speurkapt. Tommy Whitebooi by 082 441 8129 of Stop Misdaad by 08600 10111 bel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.