Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Rower keer dat 2 makkers egpaar op kleinhoewe skiet

Twee rowers het in ’n aanval op ’n hoewe naby Pretoria gedreig om ’n egpaar dood te skiet, terwyl hul makker gekeer en kussings onder die vasgebinde slagoffers se koppe gesit het.

Die egpaar se nagmerrie het Vrydag omstreeks 02:00 begin toe hulle wakker geword het toe die rowers ’n vuurwapen teen die man se kop gehou het. Hy en sy vrou is vasgebind en moes op hul mae lê.

Die gebied is ook net ’n klipgooi van die Bultfontein/Vastfontein-hoewes af, wat in Januarie soms tot drie aanvalle per nag gehad het.

Die rowers het die huis byna leeggedra en in die egpaar se dubbelkajuitbakkie en sportnutsvoertuig weggery.

Die man het losgekom en in die donker hulp by die bure gaan soek.

Met die hulp van die Grootvlei-Wes/Mont Lorraine-gemeenskapsvereniging (GWM) is die voertuie kort daarna in Winterveld, etlike kilometer daarvandaan, verlate gevind, sonder die geroofde huisraad.

Die paartjie, albei in hul 30’s, is nie fisiek beseer nie, maar getraumatiseerd, sê Martin Fraser, patrollie-koördineerder van die GWM.

Toe die egpaar se een hond later siek geword het, het hulle besef dat hy vergiftig is.

“Dit lyk asof die rowers ’n ander gif as die gewone ‘Two Step’, wat vinnig werk, gebruik het. Hierdie gif het langer geneem voordat die hond simptome getoon het.”

Hulle kon nie die hond red nie.

Fraser sê dié aanval is die eerste gewelddadige een die afgelope paar jaar in hul gebied. Hulle het wel al ’n ruk probleme met drade wat geknip word en inbraakpogings.

Die gebied is ook net ’n klipgooi van die Bultfontein/Vastfontein-hoewes af, wat in Januarie soms tot drie aanvalle per nag gehad het.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Meer oor:  Pretoria  |  Roof  |  Kleinhoewe  |  Keer  |  Egpaar  |  Skiet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.