Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Rower kry opstopper wat wag probeer beroof
Die leë magasyn van die gesteelde Walther PPK 7.65. Foto: Verskaf

’n Jong rower wat gedink het hy kan ’n veiligheidswag in Hanover Park, Kaapstad, met ’n ongelaaide pistool probeer beroof, is geslaan dat die bloed loop.

Beamptes van die Kaapstadse metropolisie het Saterdagmiddag gereageer op inligting van ’n voorval in Indulantstraat. Met hul aankoms op die toneel het hulle ’n veiligheidsbeampte, geklee in sy uniform, gevind wat besig was om die vermeende rower aan te rand.

Die geveg is stopgesit en die metropolisiebeamptes het op die ongelaaide Walther PPK 7.65 beslag gelê.

Die 19-jarige verdagte is deur die beamptes na die Hanover Park-daghospitaal geneem, waar hy tien steke aan sy gesig moes kry.

Hy is na die Philippi-polisiekantoor geneem, waar vasgestel is dat die vuurwapen in April in die omgewing gesteel is. Die verdagte het reeds ’n ander saak van roof hangende teen hom.

Hy is in hegtenis geneem vir die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen, die besit van gesteelde goedere en gewapende roof.

Meer oor:  Kaapstad  |  Rooftog  |  Wag  |  Rower
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.