SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Misdaad
Rower raakgeskiet, 1 vlug ná plaasvrou se flink optrede

’n Boervrou van Jeffreysbaai wat ’n plaasaanval met haar vinnige en slim optrede oorleef het, herstel by haar gesin nadat sy in die kop met ’n skroewedraaier gesteek is.

Een van die twee vermeende aanvallers word in die hospitaal vir sy skietwonde behandel, terwyl die ander een gevlug het.

Marlene Ferreira was Vrydagaand volgens haar man, Fanie, omstreeks 20:30 alleen in hul plaaskantoor, sowat vier meter van die plaashuis af. Die kantoordeur was toegesluit.

“Dit is maandeinde en sy sou wou haar papierwerk afhandel. Ek was elders op die plaas. Sy het gesien twee mans loer deur die venster.

Een man het op haar begin skiet, en die ander een het ’n klip deur die venster gegooi en deurgeklim. Hy het haar met ’n skroewedraaier geslaan en gesteek.

“Een man het op haar begin skiet, en die ander een het ’n klip deur die venster gegooi en deurgeklim. Hy het haar met ’n skroewedraaier geslaan en gesteek.

“Sy kon intussen haar vuurwapen in die hande kry en het op hom geskiet. Hy is vier keer geskiet. Die ander man het van buite, deur die venster, ook op Marlene geskiet. Toe skakel sy die ligte af en skiet na hom.

“Hy het weggehardloop, waarna sy my gebel het. Ek het ook die polisie en die veiligheidsdienste ontbied.

Die boere in die omgewing het ’n soektog begin en met soekligte en hommeltuie na die aanvaller gesoek. Hy is steeds soek.

“Die boere in die omgewing het ’n soektog begin en met soekligte en hommeltuie na die aanvaller gesoek. Hy is steeds soek.

“Sy makker is in die hospitaal opgeneem.

“Marlene is stabiel, maar ly aan skok. Sy het steke vir die steekwond gekry, en het ook kneusplekke op haar kop waar hy haar geslaan het,” sê Ferreira.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.