Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Rower sê les op in Centurion
Rowers het ’n juwelierswinkel in die Centurion Mall in Pretoria probeer beroof. Foto: Argief

’n Gewapende rower is Saterdag verskeie kere deur ’n lid van die publiek geskiet toe hy en drie makkers probeer het om ’n juwelierswinkel in Centurion Mall te beroof.

Kapt. Dave Miller, woordvoerder van die polisie in Lyttelton, het aan Netwerk24 gesê die verdagte is eers vir veelvuldige skietwonde op die toneel behandel voordat hy in ’n kritieke toestand na ’n nabygeleë hospitaal gebring is.

Miller het ook in ’n verklaring gesê vier gewapende mans het omstreeks 11:30 probeer om die juwelierswinkel te beroof.

“ ’n Lid van die publiek wou homself en die ander mense in die winkel beskerm en een van die mans is geskiet. Die ander drie het weggehardloop,” luidens die verklaring.

Niemand anders is beseer nie.

JP le Roux, woordvoerder van die veiligheidsmaatskappy Monitor Net, wat ook op die toneel was, sê die man wat geskiet het, het uit selfverdediging opgetree en word in dié stadium nie aangekla nie.

Miller sê ook dit nie seker of die drie verdagtes iets gesteel het nie.

“Ons weet hulle het kontant uit die geldlaai gesteel, maar ons het ook kontant op die toneel gekry. Ons is nie seker of hulle met nog geld weggekom het nie. ’n Klag van poging tot gewapende winkelroof is ingedien,” sê Miller.

Die winkelsentrum het die voorval bevestig en sê hy sal sy volle samewerking aan die polisie gee.

Werner Beukes berig daar was op 8 Julie ook ’n skietvoorval by dieselfde sentrum. Die polisie het ’n verdagte voertuig in die onderdak-parkeerterrein opgemerk. Toe die verdagtes die polisie sien, het hulle weggejaag. Die polisie het hulle agternagesit en ’n skietgeveg het uitgebreek. Twee verdagtes is in hegtenis geneem.

Miller sê die polisie sal kyk of daar ’n verband tussen die twee voorvalle is.

Meer oor:  Rooftog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.