Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Rower slaan op NG kerk in Bloemfontein toe

’n Rower het Dinsdagaand wéér op ’n kerk in die Vrystaat toegeslaan, dié keer in Bloemfontein.

Ds. Leon Oosthuizen van die gemeente sê hy en ’n jeugwerker was by die kerk besig met belydenisonderhoude toe hulle net ná 20:00 hulself vasgeloop het in ’n gewapende man wat hulle op die kerk se trappe ingewag het.

“Ná die laaste onderhoud het ek, die jeugwerker, ’n kind van die belydenisklas en sy ma uit die kerk geloop toe ons ewe skielik in die loop van ’n wapen vaskyk.

Die NG kerk Langenhovenpark in Bloemfontein. Foto: Facebook

“Die man het ons selfone geëis, op ons geskree en daarop aangedring dat ons in die badkamers moet gaan wag. Ons het kort daarna gehoor hoe die man weghardloop en toe ’n kar wat wegjaag.”

Oosthuizen sê die polisie was op die toneel, maar moes inderhaas na ’n huis in die omgewing gaan waar ’n huisbraak aangemeld is.

“Ek is net dankbaar niemand het iets oorgekom nie en dat almal kalm gebly het te midde van die rooftog,” sê Oosthuizen.

“ ’n Mens ly maar aan skok. Jy is bewus van dié soort dinge, maar verwag nie dat dit sommer met jou sal gebeur nie.”

Oosthuizen sê wat vir hom ook sleg is, is al die herinneringe wat op die selfoon gestoor was.

“Dit was my laaitie se matriekafskeid die naweek. Al die foto’s wat ek met die selfoon van sy dag geneem het, is saam met die gesteelde selfoon weg.”

Kol. Thandi Mbambo, polisiewoordvoerder, sê die polisie ondersoek die saak en niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Mbambo vra dat enigeen met inligting wat kan lei tot die inhegtenisneming van die rower, die Bainsvlei-polisiekantoor kontak.

• Netwerk24 het vroeër berig dat ses rowers Dinsdagoggend probeer het om die kerkkantoor van die NG kerk in Jacobsdal te beroof. Al ses die rowers is aangekeer.

Meer oor:  Ng Kerk  |  Bloemfontein  |  Rower
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.