Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Rower sterf in skietgeveg met polisie

’n Man is op Erfenisdag in ’n skietgeveg met die polisie in Ladysmith, KwaZulu-Natal, dood.

Polisiebeamptes van die Ladysmith-honde-eenheid is ingelig oor ’n rooftog in Illingstraat, waar drie gewapende mans om 09:30 ’n sakeperseel binnegegaan en kontant geëis het.

Kol. Thembeka Mbele, provinsiale polisiewoordvoerder, sê die mans het die kluis oopgemaak, maar is onderbreek deur die polisie se aankoms. Hulle het toe te voet probeer vlug.

Die beamptes het agter hulle aangejaag en die voornemende rowers naby ’n taxistaanplek genader. Skote is afgevuur en twee mans, 21 en 25 jaar oud, is beseer.

“Hulle is albei hospitaal toe geneem vir mediese hulp waar die 25-jarige aan sy beserings beswyk het. Die 21-jarige is steeds onder polisiebewaking in die hospitaal,” sê Mbele.

Die polisie het beslag gelê op ’n pistool met 10 patrone en ’n speelgoedgeweer.

Die derde man is nog op vrye voet.

’n Saak van poging tot sakeroof is by die Ladysmith-polisie geopen.

Die beseerde man sal in die landdroshof in Ladysmith verskyn op aanklagte van poging tot roof, die onregmatige besit van ’n vuurwapen en ammunisie, asook poging tot moord.

Meer oor:  Ladysmith  |  Skietdood  |  Rooftog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.