Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Rower wat toeriste met mes aanval, loop sy rieme styf

Lede van Kaapstad se sentrale stadsverbeteringsdistrik (SSDV) het Maandag nie geskroom om te help toe Belgiese toeriste in die Moederstad aangeval is nie.

Muneeb (Mo) Hendricks, die SSDV se bestuurder van veiligheid, en sy kollega, Richard Beesley, was Maandag besig met ’n roetine-inspeksie toe hulle die voorval in Avenueweg, tussen Cape Town High School en die Kompanjiestuine, opmerk.

“Richard het bestuur en ons het gesien hoe ’n gewapende rower die toeriste aanval. Ons het daarheen gejaag en die man agternagesit toe hy weghardloop,” sê Hendricks.

Beesley het voor die rower, wat met ’n mes gewapen was, ingery.

“Ek het uitgespring en die man met die hulp van die veiligheidspersoneel by die Joodse Museum aangekeer,” sê Hendricks.

’n Span van die SSDV en polisielede was binne minute op die toneel. Die verdagte is polisiekantoor toe geneem en die toeriste het ’n saak teen hom aanhangig gemaak.

Beesley, wat ’n polisiekaptein was voordat hy hom 13 jaar gelede by die SSDV aangesluit het, sê sy instink het ingeskop en hy is bly hulle kon die rooftog verhoed.

Hendricks het misdadigers gewaarsku dat hulle vasgetrek sal word as hulle misdade in die Kaapse middestad pleeg.

Kapt. Frederick van Wyk, provinsiale polisiewoordvoerder, sê ’n 32-jarige man is in verband met ’n saak van poging tot roof in hegtenis geneem. Hy sal binnekort in die hof verskyn.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.