Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Rowers beroof 2 spazawinkels in 10 minute

Die polisie in Addo in die Oos-Kaap is op soek na ’n groep van vier rowers wat twee winkels binne tien minute beroof het.

In albei gevalle is die werkers van die spazawinkels, wat sowat ’n kilometer uitmekaar geleë is, Woensdagaand deur vier mans met ’n windbuks gedreig.

Dié windbuks is egter in die tweede rooftog op die toneel agtergelaat, wat die polisie ’n stap nader bring om die rowers op te spoor.

Kapt. Gerda Swart, polisiewoordvoerder, sê in ’n verklaring die eerste rooftog het omstreeks 18:10 in die hoofstraat van Addo gebeur.

Nadat die vier rowers die winkel binnegestap het, is ’n werker met ’n vuurwapen gedreig terwyl hulle geld en die sleutels vir die kluis geëis het.

’n Winkelassistent is tydens die rooftog met ’n voorwerp gesteek, maar is volgens die polisie in ’n stabiele toestand.

Die rowers het met al die geld van die kasregister, sigarette en selfone weggehardloop.

Ongeveer tien minute later, om 18:20, is nog ’n spazawinkel in die Greenfield Valencia-woonbuurt ook deur vier gewapende mense binnegeval en beroof.

Ook in die voorval is die winkeleienaar en sy broer deur die rowers gedreig. Die rowers het met kontant, selfone en sigarette gevlug.

Volgens Swart is die windbuks wat na bewering deur die rowers gebruik is, op die toneel aangetref en deur die polisie gekonfiskeer.

Swart sê die wapen sal vir ballistiese toetse weggestuur word.

Sy sê dit was vermoedelik dieselfde groep rowers wat albei winkels beroof het.

Enigeen met inligting kan speur-ao. Wouter Verwey by 084 846 2273 bel.

Meer oor:  Spazawinkels  |  Beroof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.