Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Rowers betrap – vrou, werker aangehou

’n Vrou van KwaZulu-Natal en ’n plaaswerker is Dinsdag in ’n plaashuis aangehou en gedreig nadat sy ’n rowerbende op heter daad betrap het.

Sewe verdagtes het omstreeks 10:30 op die plaas by Verulam, noord van Durban, toegeslaan en die werker oorrompel.

Volgens Reaction Unit South Africa, het die 63-jarige huiseienaar op die toneel aangekom toe die inbrekers in die huis was. Sy is ook aangehou.

“Sy is met die dood gedreig en gedwing om haar motorsleutels aan hulle te oorhandig,” sê die reaksie-eenheid in ’n verklaring.

Die polisie ondersoek ’n saak van poging tot huisroof.

Die 33-jarige werker se mond is met foelie bedek en maskeerband is oor sy oë geplak.

Hy is nie beseer nie en het die reaksie-eenheid ontbied.

Kol. Thembeka Mbhele, provinsiale polisiewoordvoerder, sê die huiseienaar is met ’n vuurwapen en mes gedreig.

’n Verbyganger het alarm gemaak toe hulle probeer het om haar in haar motor in te dwing. Die rowers het weggehardloop.

Die werker is vir skok behandel.

Volgens Mbhele is geen skote afgevuur nie en niemand is beseer nie. Die polisie ondersoek ’n saak van poging tot huisroof.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Meer oor:  Reaction Unit South Africa  |  Verulam  |  Durban  |  Kwazulu-Natal  |  Misdaad  |  Rowerbende
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.