Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Rowers brand los op jonges wat braai, 2 gewond

’n Jong man en vrou is Maandagaand gewond toe rowers ’n groep vriende tydens ’n braai op ’n plaas duskant Cullinan, noordoos van Pretoria, aangeval het.

Die groepie van ses, almal tussen 18 en 19 jaar oud, het in die lapa gesit.

Kapt. Mavela Masondo, polisiewoordvoerder, sê omstreeks 19:50 het minstens vier gewapende mans uit die donker nadergestorm en op die jong mense geskiet.

“ ’n Man en ’n vrou is elkeen in die been gewond. Die aanvallers het weggekom met geld, selfone, juweliersware, ’n TV en ’n Toyota Land Cruiser.

“Hulle het egter die voertuig by die plaashek gelos en verder gevlug. Niemand is nog in hegtenis geneem nie,” sê Masondo.

Die polisie ondersoek klagte van poging tot moord en roof met verswarende omstandighede.

Meer oor:  Cullinan  |  Gewond  |  Braai
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.