Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Rowers buit 17 kg goud by Ergo, wag doodgeskiet

Bart Coetzee, hoofveiligheidswag by ’n goudaanleg naby Johannesburg, is Maandagaand doodgeskiet toe ’n groep gewapende rowers daar toegeslaan het.

Die rowers het met sowat 17 kg goud gevlug.

James Duncan, woordvoerder van DRDGold, het Dinsdag in ’n kort mediaverklaring gesê ’n skietery het Maandagaand by die myn se Ergo-aanleg in Brakpan uitgebreek nadat die groep rowers toegang tot die perseel gekry het. Coetzee is in die proses noodlottig gewond.

“Ons direksie betuig ons innige meegevoel met Coetzee se familie, vriende en kollegas.”

Niël Pretorius, uitvoerende hoof van DRDGold, sê die myn is woedend oor die lafhartige aanval en sal sy volle samewerking aan die polisie gee om te verseker dat die misdadigers verantwoordelik vir die aanval, voor die gereg gebring word.

Brig. Mathapelo Peters, polisiewoordvoerder in Gauteng, het die voorval Dinsdagaand bevestig, maar gesê hulle sal eers Woensdag in ’n mediaverklaring nadere besonderhede oor die gebeure verskaf.

BusinessLive berig die 17 kg goud is na raming sowat

R12 miljoen werd.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.