Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Rowers buit kontant, selfone in Weskus-sentrum
Die foto van die beweerde wegkommotor wat op sosiale media gedeel word. Foto: Facebook
Geldnote lê op die grond waar die rowers dit laat val het op pad uit die sentrum. Foto: Verskaf

Vier rowers word deur die polisie gesoek nadat hulle Dinsdagaand ’n Vodacom-winkel in die Weskus-winkelsentrum in Vredenburg beroof het.

Die gewapende rowers het omstreeks 18:00 die winkel ingegaan en dit van kontant en selfone beroof, sê kol. Andrè Traut, polisiewoordvoerder.

“Daar was geen beserings as gevolg van die rooftog nie,” sê die sentrum se bestuur in ’n verklaring.

Traut sê die rowers het in ’n silwer Audi weggejaag en is nog nie aangekeer nie.

’n Foto van die beweerde wegkommotor is op sosiale media gedeel. Dit wys hoe twee persone aan die linkerkant van die motor inklim terwyl ’n veiligheidswag nader stap.

Mense het mekaar op sosiale media gewaarsku om nie die motor te nader indien hulle dit sien nie, maar om eerder die polisie te kontak.

Iemand skryf op Facebook: “Sjoe, ek het daardie tyd gesit en pizza eet by ’n restaurant saam met my gesin.” Iemand anders sê: “Ai, en dit net so voor toemaaktyd. Baie dankbaar almal is veilig en ongedeerd.”


Meer oor:  Vredenburg
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.