Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Rowers gesoek ná plaasaanval op egpaar by Alicedale

’n Grootskaalse soektog is onderweg na vyf gewapende mans wat Woensdagaand ’n egpaar op ’n wildplaas in die Alicedale-distrik in die Oos-Kaap oorval het.

Na verneem word, het die rowers minstens vier vuurwapens gebuit.

Kapt. Mali Govender, polisiewoordvoerder, sê die groep rowers, waarvan twee met vuurwapens en drie met messe gewapen was, het omstreeks 19:05 ’n man (49) en sy vrou (48) oorrompel terwyl hulle aandete geëet het.

’n Amerikaanse toeris (37), wat ’n besoeker op die plaas is, was tydens die aanval besig met ’n oproep buite die eetkamer. Op pad terug na die etenstafel het hy die rowers gesien en ongesiens weggehardloop.

Intussen het die rowers die man se hande met ’n hondeleiband vasgebind, waarna die vrou gedwing is om die kluis oop te maak.

Volgens ’n bron het die rowers oënskynlik presies geweet waarna hulle op soek is.

Govender sê die rowers het twee haelgewere, ’n pistool en ’n rewolwer uit die kluis geneem. Ongeveer $1 000, verskeie juwele en ’n selfoon is ook gesteel. Die rowers het na verneem word te voet van die toneel gevlug. Die egpaar is ongedeerd agtergelaat.

Die Amerikaanse toeris is later die aand op ’n nabygeleë wildplaas gevind. Buiten vir ’n paar krapmerke wat hy in die bosse opgedoen het, is hy nie beseer nie.

Govender sê die polisie se 72-uur-aktiveringsplan is in werking gestel terwyl daar na die rowers gesoek word.

Die polisie doen ’n beroep op enigeen wat moontlik met inligting in hul ondersoek kan help om die Stop Misdaad-nommer by 08600 10111 te bel of hul naaste polisiekantoor te kontak.

Meer oor:  Oos-Kaap  |  Alicedale  |  Plaasaanval  |  Rowers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.