Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Rowers gestuit toe hulle geldwa wou roof

Rowers het Maandagaand twee voertuie gekaap om te vlug nadat hul poging om ’n geldwa buite Vryburg in Noordwes te beroof, deur die polisie gefnuik is.

’n Wag is gewond toe die onbekende aantal rowers tussen 18:00 en 18:30 op ’n geldwa op die N18 tussen Vryburg en Pudimoe toegeslaan het.

Brig. Vish Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, sê verskeie polisie-eenhede het vooraf inligting ontvang oor die rooftog en het die rowers ingewag.

Die rooftog het egter op ’n ander pad plaasgevind. Die polisie het vinnig gereageer en volgens Naidoo het die rowers op die geldwa losgebrand totdat dit tot stilstand gekom het.

’n Wag is in die skietery gewond.

Die rowers het gevlug en hul voertuie, ’n AK47-aanvalsgeweer en ander items agtergelaat.

Geen geld is gebuit nie.

Hulle het twee voertuie gekaap en gevlug. Niemand anders is beseer nie.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Meer oor:  Vryburg  |  Noordwes  |  Geldwa  |  Misdaad  |  Transitoroof  |  Kaping
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.