Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Rowers in pienk Tazz jaag in muur vas toe hulle vlug

Die polisie in Algoapark in die Oos-Kaap het Dinsdag drie verdagtes met ’n speelgoedvuurwapen in hegtenis geneem nadat hulle in ’n pienk Toyota Tazz gevlug het nadat hulle na bewering ’n onderneming beroof het.

Kapt. Johan Rheeder, polisiewoordvoerder, sê die Algoapark-polisie het vinnig gereageer nadat hulle in kennis gestel is van ’n onderneming wat beroof is.

“Vier onbekende mans het ’n winkel in Commercialweg omstreeks 09:50 binnegegaan en die 28-jarige eienaar met ’n vuurwapen aangehou,” sê Rheeder.

Rheeder sê die mans het sigarette, ’n skootrekenaar, kontant en twee selfone by die winkel gebuit. Dié items is glo R21 700 werd.

“Die mans het in ’n pienk Toyota Tazz gevlug en in die rigting van Zwide gery. Die polisie het die voertuig gesien en hulle agternagesit,” sê Rheeder.

Die rowers het glo in die jaagtog in ’n muur op die hoek van Kattoo- en Mkhuzestraat in die Zwide- informele nedersetting vasgejaag.

“Een van die mans het daarin geslaag om weg te kom, terwyl die drie ander verdagtes in hegtenis geneem is. Die polisie het ’n selfoon, kontant, die skootrekenaar en sigarette op die toneel gekry. Die polisielede het ook ’n speelgoedvuurwapen op die toneel gevind,” sê Rheeder.

Rheeder sê die verdagtes word aangehou en word solank aangekla vir die besit van gesteelde goedere, terwyl die saak verder ondersoek word.

Die aangeklaagdes sal binnekort in die hof verskyn.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.