Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Rowers in Sasolburg los buit, vlug uit sentrum
rooftog
Die polisie in Sasolburg het Sondag vinnig gereageer nadat rowers twee werkers in ’n winkel in die Sasolburg Mall aangehou het tydens ’n rooftog. Foto: Verskaf

Die vier mans wat ’n Foschini-winkel in die Sasolburg Mall probeer beroof het, het omstreeks 11:00 by die winkel ingestap en twee vroulike werknemers na die pakkamer gedwing.

Een van die mans het ’n 9 mm-pistool by hom gehad, sê sers. Fikiswa Matoti, polisiewoordvoerder.

Die gewapende rower het die vroue met die wapen gedreig en selfone geëis wat in die winkel verkoop word.

Die vroue het toe selfone in ’n sak gesit vir die rowers.

“Terwyl die vroue dit gedoen, het die rowers net verdwyn en die vroue net daar in die pakkamer gelos,” sê Matoti.

’n Veiligheidswag het die polisie in kennis gestel. Twee polisiehelikopters is in die soektog na die rowers ingespan. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

“Ons vermoed hulle is saam met die res van die mense daar uit toe die sentrum ontruim is,” sê Matoti.

Die sak met die selfone is teruggevind in die winkel.

’n Saak van poging tot sakeroof word ondersoek.

Die twee werknemers is nie beseer nie.

Klik hier om na 'n video te kyk wat op Facebook versprei is. 

Meer oor:  Sasolburg  |  Rooftog  |  Winkelsentrum
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.