Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Rowers kom weg ondanks helikopters in lug
Die polisie het Sondag vinnig gereageer toe werkers in die Sasolburg Mall aangehou is deur vier verdagtes. Die rooi rook is as sein gebruik vir die polisiehelikopters in die lug bo die inkopiesentrum.Foto: Verskaf
Twee werknemers is Sondagoggend ’n rukkie lank in die Sasolburg Mall aangehou toe vier mense die Foschini-winkel wou beroof. Foto: Verskaf

Selfs polisiehelikopters in die lug kon nie keer dat rowers wat Sondag werknemers van ’n winkel in die Sasolburg Mall aangehou het, wegkom nie.

Vier mense het Sondag omstreeks 11:00 by die Foschini-winkel in die sentrum ingestap en wou die winkel beroof.

Johan Griessel van die Sasolburg GPF sê dit is onduidelik wat gebeur het, maar die rowers het niks gekry nie.

Twee personeellede is ’n tydjie lank in die winkel aangehou, maar is ongedeerd.

“Hulle wou waarskynlik selfone steel,” sê Griesel.

Die polisie in Sasolburg het vinnig gereageer en het met twee helikopters die gebied gefynkam, maar die rowers het weggekom.

Die polisie in Sasolburg kon nie dadelik die voorval bevestig nie.

Klik hier vir 'n video wat op Facebook versprei is. 

Meer oor:  Sasolburg  |  Rooftog  |  Winkelsentrum
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.