Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Rowers ontvoer wag en besteel Vrystaatse skool

Rowers het in die nag ’n veiligheidswag wat ’n skool in Odendaalsrus in die Vrystaat opgepas het, oorrompel, die skool se rekenaartoerusting en ’n mikrogolfoond gesteel en die wag ontvoer.

Die 50-jarige wag was Woensdag omstreeks 01:30 by die Seqhobong Secondary School in Kutlwanong se hek aan diens toe ’n motor met Lesotho-nommerplate stilgehou het.

Volgens kapt. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder, het vier mans die wag oorval en in die motor geprop. Hulle het daarna by die skool se administrasiegebou ingebreek.

Twee skootrekenaars, rekenaars, ’n projektor en ’n mikrogolfoond is gesteel, waarna hulle die wag ontvoer het. Voordat hy langs die pad na Kroonstad agtergelaat is, is hy geskop en sy selfoon is afgeneem.

Die adjunkhoof het later die oggend by die skool opgedaag en die inbraak ontdek. Die wag was steeds weg.

Volgens Thakeng het die wag by die polisiekantoor aangekom terwyl die adjunkhoof besig was om die voorval aan te meld.

Klagte van sakeroof en ontvoering word ondersoek.

  • Enigeen met inligting kan die plaaslike speurdiens by 074 699 6671 skakel.
Meer oor:  Odendaalsrus  |  Vrystaat  |  Veiligheidswag  |  Diefstal  |  Ontvoer  |  Skool
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.