Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Rowers oorrompel mans op Cullinan-kleinhoewe

Twee mans is Dinsdag in die vroeë oggendure op ’n kleinhoewe in die Elandshoek-distrik naby Cullinan deur ’n groep gewapende rowers oorval.

“Ek en my vriend, Corrie, was vas aan die slaap toe mans die kamer binnestorm en ’n skoot aftrek. Hulle het ons oorrompel en met skoenveters vasgemaak,” het De Waal Venter (32) gesê.

“Ek het eers heelwat later besef die skoot wat hulle geskiet het, het ons kat Nemo getref. Die kat het gewoonlik langs my kopkussing op die bed geslaap.”

Die rowers het vuurwapens en geld geëis. Hulle het ook Venter se 7-jarige seun se slaapkamer deursoek.

“My seuntjie het gelukkig deur die hele voorval geslaap,” het hy gesê.

Die mans het weggekom met onder meer elektroniese ware, ’n yskas, klere en skoene.

“Hulle het ook my Nissan-bakkie en Chevrolet Spark gevat.

“Een van die mans was heeltyd by ons in die kamer terwyl sy makkers die huis geplunder het.”

Volgens Venter het die rowers deur ’n venster ingekom. Die diefwering voor ’n kombuisvenster is weggebuig.

“Die mans het gedreig om ons dood te skiet, maar een van hulle het die ander die hele tyd gekeer. Ek is wel ’n bietjie rondgeskop, maar is dankbaar dat ons almal relatief ongedeerd daarvan afgekom het,” het hy gesê.

Toe die mans vort is, het Venter na die kombuis gekruip en hulle met ’n mes losgesny. Hy het daarna hulp ontbied.

“Dit is nie die eerste keer dat ons onder misdaad deurloop nie. Ek boer met skape en hoenders. ’n Paar weke gelede is 38 van my skape gesteel. Ek vermoed dit is dieselfde bende wat ook verantwoordelik is vir ’n rits inbrake die afgelope paar maande in dié omgewing,” het Venter gesê.

Meer oor:  Cullinan  |  Aanval  |  Rowers  |  Kleinhoewe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.