Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Rowers oorrompel wagte en steel 12 voertuie

’n Gewapende rower wat hom as ’n veiligheidswag voorgedoen het, het die wagte in ’n stoorplek vir voertuie oorrompel, waarna hy en ’n groep rowers 12 voertuie gesteel het.

Ter Illustrasie.Foto:

Die groep van minstens 18 rowers het Sondag nege Ford Ranger-bakkies, twee Ford Fiestas en ’n Ford Figo uit die stoorplek in Maggs-straat, Waltloo, oos van Pretoria, gesteel.

Volgens brig. Mathapelo Peters, polisiewoordvoerder, het die rooftog tussen 06:00 en 07:00 plaasgevind. Die rower het ’n maatskappy-uniform aangehad toe hy die veiligheidspersoneel met ’n vuurwapen gedreig het.

“Hy het die hoofhek oopgemaak en sowat 17 rowers, almal geklee in uniforms, het die perseel binnegekom. Hulle het die wagte vasgebind en 12 voertuie gesteel.”

Lt.genl. Elias Mawela, Gautengse polisiekommissaris, het ’n span speurders onder leiding van die polisie se misdaadintelligensie-eenheid vir voertuigmisdaad opdrag gegee om die rowers vas te trek.

Mense met inligting word versoek om die polisie se Stopmisdaadnommer by 08600 10111 te skakel.

Meer oor:  Veiligheidswagte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.