Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Rowers oorval 3 tuinwerkers by Brits

Drie tuinwerkers is Donderdagoggend op ’n kleinhoewe by Mamogaleskraal, Brits, deur drie gewapende mans oorval.

Lt.kol. Amanda Funani, polisiewoordvoerder in Noordwes, sê die tuinwerkers, tussen 24 en 28 jaar oud, was besig om in die tuin te werk toe die drie rowers die erf binnekom en vuurwapens op hul rig. Die een slagoffer is met draad vasgebind.

Die rowers het die werkers saam met hulle die huis ingeneem en die huis deursoek. Hulle het ’n DVD-speler, ’n klankstelsel, skoene, klere en twee Nokia-selfone gesteel.

Dis nie duidelik waar die inwoners van die huis in daardie stadium was nie.

Die rowers het daarna gevlug.

Die tuinwerkers is ongedeerd. Die polisie ondersoek ’n saak van huisroof.

Meer oor:  Mamogaleskraal  |  Brits  |  Tuinwerkers Beroof  |  Tuinwerkers  |  Huisroof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.