Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Rowers oorval broers op kleinhoewe by PE

Die polisie in Port Elizabeth soek vier mans wat twee broers vroeg Vrydagoggend op ’n kleinhoewe beroof het.

Volgens die polisie is die broers, onderskeidelik 22 en 24 jaar oud, omstreeks 03:00 deur vier Xhosasprekende mans in hul huis in Theescombe wakker gemaak.

Die vier mans wat met pangas gewapen was, het die voordeur oopgebreek om toegang tot die huis te verkry, en wou weet waar die derde broer is.

Ao. Alwin Labans, polisiewoordvoerder, sê die derde broer woon in die huis, maar was nie ten tyde van die aanval by tuis nie.

Die rowers het die twee broers op die vloer laat lê, terwyl hulle die huis vir waardevolle items deursoek het. Die mans het onder meer ’n skootrekenaar, ’n rekenaarskerm en ’n sportsak gebuit voordat hulle vermoedelik te voet gevlug het.

Labans sê niemand is in die voorval beseer nie.

Hy sê enigeen wat inligting oor die voorval het, kan die Kabegapark-polisiekantoor by 041 397 6801 skakel.

Meer oor:  Port Elizabeth  |  Pe  |  Misdaad  |  Kleinhoewe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.