Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Rowers oorval egpaar in hul huis in Theesecombe

Die polisie in Gqeberha (Port Elizabeth) is op soek na vier rowers wat Saterdag ’n egpaar in hul huis in Theesecombe oorval en beroof het.

Die voorval het om 23:05 plaasgevind.

Die polisie sê gaste het net die huis in Pine Village Upper Seaviewstraat verlaat toe die egpaar in hul kombuis deur vier onbekende mans gekonfronteer is.

Een man het ’n vuurwapen gehad, nog een ’n skroewedraaier en nog een ’n koevoet. Hulle het kontant en ’n kluis by die egpaar geëis.

Die 61-jarige huiseienaar se hande en voete is met ’n selfoonkoord vasgebind. Sy vrou se hande is met haar voorskoot vasgebind en haar voete ook met ’n selfoonkoord.

Van die items wat geneem is, is ’n 9 mm Heclear & Koch-pistool, kontant, hul trouringe, horlosies en diamant-oorringe. Die geskatte waarde is R145 000.

Nadat die rowers gevlug het, kon die vrou haarself bevry en hulp ontbied oor ’n gemeenskapsradio.

Die mans het toegang tot die huis deur die braai-gebied verkry en die huis op dieselfde wyse verlaat. Die egpaar is nie beseer nie.

Die polisie het handelaars in tweedehandse goedere gevra om die naaste polisiekantoor te skakel indien iemand juwele en horlosies wil verkoop. Volgens die polisie is dit ’n oortreding om gesteelde eiendom te ontvang of te koop. Oortreders sal in hegtenis geneem en aangekla word.

Mense met inligting kan speur.sers. Laeeq Weitz, ondersoekbeampte, by 071 475 1614 of die polisie in Walmer by 041 509 4006 bel. Hulle kan ook die tolvrye misdaadnommer

08600 10111 of die naaste polisiekantoor skakel.

Meer oor:  Gqeberha (Port Elizabeth)  |  Rowers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.