Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Rowers oorval man (75) van St. Francisbaai in tuin

Vier rowers het Dinsdagoggend ’n bejaarde inwoner van St. Francisbaai in sy tuin oorval.

Dié 75-jarige man het sy plante natgegooi toe die aanvallers deur ’n oop agterhek by sy erf in Lyme-weg ingekom het.

Volgens sers. Majola Nkohli, polisiewoordvoerder, het een ’n vuurwapen gehad en die man daarmee gedreig. Twee van die aanvallers het hom in die tuin met kabelbinders vasgebind, terwyl die ander twee die huis in is.

Kort daarna het die man se vrou histeries by die huis uitgehardloop. Die rowers het laat spaander.

Veiligheidswagte van ’n private veiligheidsmaatskappy het intussen vier mans oor die nabygeleë gholfbaan in dié kusdorp gesien hardloop en hulle agternagesit.

Hulle kon een van die mans vastrek terwyl hy oor ’n huis se grensmuur probeer klim het.

Nkohli sê die 44-jarige verdagte is aan die polisie oorhandig en sal binnekort op aanklagte van huisroof in die hof verskyn.

Hy sê kontant en ’n selfoon is gesteel.

Die polisie was later die middag nog op soek na die ander drie.

Meer oor:  St. Francisbaai  |  Bejaarde  |  Rowers  |  Oorval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.